Nou op DVD

Ben Botha

Ben is in sy laat veertigs, ’n entrepreneur met ’n groot aptyt vir lekker eet, golf speel en stilte. Hy is al baie lank getroud met Marietjie, maar na al hul kinders uit die huis uit is, het hul vreemdelinge vir mekaar geword.

Hulle is in Mauritius op ’n tweede wittebrood om hulle huwelik te probeer red. Ben en Marietjie se huweliksberader het vir die twee ‘liefdesuitdagings’ gegee om mekaar se ‘liefdestaal’ te leer praat, maar Ben voel Marietjie praat al klaar hopeloos te veel; sy het nie nodig om nog ’n ‘taal’ te leer nie.

Dirk Stoltz

Dirk is bekend vir sy rolle in verskeie plaaslike televisie- en teaterproduksies soos Binnelanders, Plein Street, Erfsonders, Julius Ceaser, Plek van die Vleisvreters, Askies, Swartwater, Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra, Villa Rosa, The Jakes are Missing, Bloedbroers en Generations.

Dirk se bydraes tot advertensie sluit in Auto & General, BUCO en Altec; en hy het rolle vertolk in die rolprente Red Dust, Superhelde, Stander, Prinses, Reload, Ballade vir 'n Enkeling, Treurgrond en Safehouse.

Dirk is ’n gevestigde stemkunstenaar en vervaardiger van industriële en korporatiewe teater, asook televisie. Hy het al in talle buitelandse lokasies verfilm, insluitend Mauritius en Nieu-Seeland en is trots om saam met die Oscar-wenners Hilary Swank, Denzel Washington en Tom Harper te kon werk.