Nou op DVD

C.A. van Aswegen

Redigeerder

Uitvoerende Vervaardiger, Redigeerder en Koloris

C.A. van Aswegen, wat al verskeie toekennings in die industrie losgeslaan het, het met cum laude in sy honneursjaar in Motion Picture Medium by AFDA in Johannesburg gegradueer.

Na universiteit het C.A. sy loopbaan as redigeerder begin op verskillende hoogs aangeskrewe en bekroonde dokumentêre speelprente (en in kort formaat), onder meer ’n reeks oor die lewe van Nelson Mandela.

Hy het al meer as 100 advertensies en musiekvideo’s geredigeer; en die redigering van 24 rolprente behartig. C.A. het sy fokus na langformaat, narratiewe redigering verander, en spesialiseer in rolprente en dokumentêre speelprente.

Sommige projekte sluit in:

Rolprente

- Vir Altyd: Redigeerder, Koloris
- Ballade vir n Enkeling: Redigeerder, Koloris
- Pad na jou Hart: Aanlynredigeerder, Post-produksie Adviseur, Koloris
- Klein Karoo: Redigeerder, Post-produksie Vervaardiger, Koloris
- The Owner: Post-produksie Vervaardiger, Koloris
- Roepman: Safta-nominasie vir Beste Rolprent Redigeerder (Redigeerder, Koloris)
- Night Drive: Redigeerder, Vervaardiger, Uitvoerende Vervaardiger, Koloris
- Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom: Safta-nominasie vir Beste Rolprent Redigeerder (Redigeerder, Koloris)
- Bakgat!: Redigeerder, Uitvoerende Vervaardiger, Koloris
- Ouma se Slim Kind: Redigeerder, Mede-vervaardiger

 

Dokumentêre

- The Foreign Minister: The Story of Pik Botha: Toesighoudende Redigeerder, Koloris
- A Tribute to the Frontline States: Toesighoudende Redigeerder, Koloris
- Fatherland: Toesighoudende Redigeerder, Koloris
- Jammer As Ek So Bitter Is… : Safta-wenner vir Beste Dokumentêre Speelprent; Safta-nominasie vir Beste Dokumentêre Speelprent Redigeerder (Redigeerder, Koloris)
- Betrayed: Safta-nominasie vir Beste Dokumentêre Speelprent (Redigeerder, Koloris)
- Forgotten: Redigeerder, Koloris
- Life is Art: Redigeerder, Koloris
- Zimbabwe, Oh My Zimbabwe: International Labour Communications Association Award-wenner vir Beste Dokumentêre Kort Film (Redigeerder, Koloris)
- Mandela Series: Nelson Rolihlahla Mandela, The Biography, Icon, Release Mandela, Banished, Press, The Foundation: Redigeerder, Koloris

 

C.A. is ’n ten volle geakkrediteerde lid van die South African Guild of Editors.