Nou op DVD

Christel Lombaard

Christel maak seker sy steek nie af teen haar man nie. Sy is voorsitter van die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV), is gedurig besig met fondsinsamelings vir die kerk, is’n uithaler naaldwerkster en pianis en natuurlik ’n alomteenwoordige ma vir haar pop, Nina.

Haar dogter se troue oorheers haar lewe en soos nog altyd, speel Christel heerlik “pop” met Nina se dag. Christel voel gerus oor Nina se keuse in Retief en doen alles in haar vermoë om te sorg dat die twee trou, want Retief sal vir Nina veilig hou – in die boks waarin ’n dame hoort – wanneer sy nie daar is om dit self te doen nie.

Agter die besige skedule en weelderige status en aansien, skuil ’n siniese en versuurde hartseer vrou wat alewig in konflik staan met haar ewe trotse man.

 

Deirdre Wolhuter

Deirdre Wolhuter het haar BA Diploma in Spraak en Drama aan die Universiteit van Kaapstad voltooi en werk sedertdien voltyds in teater, televisie, film en radio.

Van haar werk in Shakespeare-produksies sluit in Macbeth, The Two Gentlemen of Verona, King Lear, A Midsummer Night’s Dream en Hamlet. Ander teaterstukke waarin hy opgetree het, is Kringe in ’n Bos, Heliotroupe Bouquet, Sartre se No Exit; God’s Country, Yerma, Ons Hou Konsert, Die Man met die 13 Kinders, My Fat Friend, Caught in the Net, Sticks and Stones, Wrestlers, Ashraf Johaardien se Happy Endings Are Extra (waarvoor sy die toekenning vir Beste Aktrise ontvang het by die Dublin International Theatre Festival) en Buitepos deur Rachelle Greeff.

Sy het ’n kykNET Fiesta-toekenning ontvang vir haar rol as Beste Ondersteunende Aktrise in Charles Fourie se Agterplaas en haar mees onlangse teatervertoning Ella’s Horses – ook deur Fourie – het ’n Audience Ovation Award by die Nasionale Kunstefees gewen.

Sy het al in ’n aantal Suid-Afrikaanse televisiereekse gespeel, soos Meeulanders, Egoli, Soutmansland, Backstage, Deeltitel Dames, Khululekha, Orion en Vloeksteen.

Deirdre het ook rolle vertolk in Jimmy in Pienk, die Duitse mini-reeks en rolprent Hoe Duur was De Suiker, Hollywood in my Huis, n Paw-Paw Vir My Darling en Vir Altyd.

Sy werk ook as stemkunstenaar vir radio en televisie-advertensies en dokumentêre programme, radiodramas, reekse en audioboeke.