Nou op DVD

Dominee Willem

Willem is een van die mees geliefde dominees in die Paarl. Hy is al vir jare ’n wewenaar en geniet die laaste tyd Ronel se geselskap baie.

Vir die eerste keer in jare gee iemand hom weer vlinders in sy maag en dus soek hy gedurig ’n verskoning om haar met takies in en om die huis te help – en hy geniet natuurlik ook haar gebak vreeslik.

 

André Stolz

André Stolz het in 1981 sy dramastudies aan die Universiteit van Pretoria voltooi en vertolk dieselfde jaar sy eerste televisierol in Anton Chekov se Die Kersietuin.

Die afgelope 26 jaar werk hy as akteur, regisseur, vervaardiger en teksskrywer. In 2004 het hy en Tobie Cronjé atAC Produksies geskep wat konsentreer op teaterproduksies.

André sy verhoogwerk sluit in Renosters, Opentoe, Oom Wanja/Uncle Vanya, Chekhov’s Women, Die Vleiroos, Drie Susters, In Kamera, Kopstukke, Demea, Die Koopman van Venisië, Koning Lear en Nag, Generaal.

Hy het die regie behartig van onder meer Die Woema van ’n Windgat Wyfie, The Good Candidate, Krismis van Map Jacobs, Die Vloed, Hegter, Draadwerk, Parkamampoer, Mis, Dinner for One, Die Nagloper, Hedda Gabler, Drie Dosyn Rose, Oom Wanja en Carmina Burana.

André se filmtitels sluit die volgende in: Vir Altyd, Ballade vir ’n Enkeling, Leading Lady, Die Spook van Uniondale, Khumba, Hoe Duur was de Suiker, Mandela – The Long Walk to Freedom, Sleeper’s Wake, Winnie Mandela, Egoli: Afrikaners is Plesierig, Finding Lenny, Skin, Hond se Dinges, Duma, Clean Hands, Stander, en nog vele meer.

Hy het ook in televisiereekse en enkeldramas gespeel, soos The Wild, Life is Wild (VSA), Amalia, Dryfsand, Isidingo, 7de Laan, Egoli, Dit wat Stom is, Generations, Addicted to Live, 25 Degrees South, Die Binnekring, Lilly in Africa, Sonkring I en II en Agter Elke Man.

André het al verskeie radioflitse gedoen en het meer as 30 advertensies in onder andere Brittanje, Duitsland, Noorweë, Pole, Swede en Switserland op sy kredietrol.