Nou op DVD

Dries Scholtz

Lynvervaardiger

As die seun van die bekende filmmakers, André Scholtz en Riana Pienaar, het Dries grootgeword in ’n omgewing waar kameras, draaiboeke en ligte aan die orde van die dag was. Vanaf ’n jong ouderdom het hy geweet dat hy in sy ouers se voetspore wou volg. In 2005 het hy betrokke geraak in die industrie as produksie-assistent op die televisiereeks Dryfsand. Hy het sommer vinnig vir homself naam begin maak en het op verskeie reekse soos Amalia, Andries Plak en Feast of the Uninvited as eenheidsbestuurder gewerk en met bekende regisseurs soos Koos Roets en Katinka Heyns kragte saamgespan.

Hy het ook gou in die film-industrie begin werk aan rolprente soos Mr Bones 2, Bakgat! 2 en District 9. Nadat hy verskeie suksesvolle projekte voltooi het as eenheidsbestuurder, het Dries besluit dat die geleentheid hom voorgedoen het om meer kreatief betrokke te raak in die filmbedryf – en met die hulp van Danie Bester het hy by The Film Factory se sustermaatskapy, Fix Post Productions, aangeklop. Hy het daarna as assisstent-redigeerder aan verskeie Film Factory-projekte begin werk, soos Wolwedans in die Skemer, Hoofmeisie en Bakgat 2.

Met Dries se ervaring in produksie sowel as na-produksie, het hy besluit om saam met sy venoot Danie Bester Ek Joke Net 1 te vervaardig en te skryf en het daarna Ek Joke Net 2 en Agent 2000 se vervaardiging en redigering behartig. As vervaardiger en redigeerder het Dries ’n baie goeie insig in die plaaslike bedryf, veral as dit kom by die verhouding tussen produksie en na-produksie.

Hy was ook die lynvervaardiger en na-produksie toesighouer van die romantiese avontuurfilm Pad Na Jou Hart en die speurdrama Ballade vir ’n Enkeling. Saam met sy besigheidsvennoot Danie Bester is Dries besig om ’n groot impak op die plaaslike filmbedryf te maak.