Nou op DVD

Gert

Gert is ’n 32-jarige man met ’n humoristiese uitkyk op die lewe. Hy is die eienaar van ’n sekuriteitsmaatskappy in die Paarl. Hy is ook Retief se neef en best man.

Gert het altyd ’n grappie om te vertel, soms op baie ongeleë tye. Hy is almal se vriend, maar steeds enkellopend. Hy het ’n ooglopende bewondering vir Nina se vriendin, Michelle.

 

Geon Nel

Geon Nel is ’n akteur en kulkunstenaar, veral bekend vir sy rol in Vallei van Sluiers as Willem Greyling.

In 2002 het hy drama aan die Universiteit van Stellenbosch begin studeer om sy vaardighede as kulkunstenaar te verbeter. Die teatergogga het egter gebyt en onder leiding van Marthinus Basson, word hy in sy tweede jaar aangewys as Beste Ondersteunende Akteur vir sy rol in Lusistrata. Hy voltooi sy BDram Honneurs in 2006.

Daarna het die hoofrol gevolg in Kringe in n Bos wat vir twee seisoene by die Atscape-teater vertoon is; en later het hy aangesluit by die satiriese poppespelreeks ZANews, as poppemeester. Dié gewilde reeks het drie Safta-toekennings gewen.

Hy het in verskeie teater- en televisiereekse opgetree, soos Maria de Buenos Aires, Romeo en Julia, Die Storm, Balbesit, Oorsee en Die Seemeeu.

Op televisie het hy in Stokvel, Montana, Beskermhere, Safe House en Infested opgetree.

Sy radiowerk sluit in Du Preez Du Preez en Vennote, Die Duiwehok en Offer aan die Seegod.