Nou op DVD

Jaco Smit

Regisseur

Jaco is ’n 31-jarige voltydse dromer en ‘storie-soeker’, en is uit en uit ’n produk van die Suid-Afrikaanse filmindustrie se herlewing.

Gebore in die Paarl, en ’n gegradueerde in 2006 by AFDA in Kaapstad in Regie en Teks, het hy vanaf 2007 tot 2011 naam gemaak as assistent-regisseur in die plaaslike en internasionale filmindustrieë.

In 2012 het sy loopbaan as regisseur begin met die bekroonde kort film Die Buurtwag, en Seisoen 2 van kykNET se jeugreeks Thomas@ het kort daarna gevolg. In 2013 het Jaco sy debuut as vollengte filmregisseur gemaak met die loket-treffer, Pad na jou Hart.

In 2015 herenig hy en die Pad na jou Hart-span om Vir Altyd te maak, ’n romantiese Afrikaanse film wat in sy tuisdorp en op die eiland Mauritius verfilm is.

Jaco het ’n groot passie vir die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse film-industrie en konseptualiseer tans saam met die Boesmans ’n dokumentêre rolprent, Modern Bushmen, wat die oorsprong van ‘storie’ in Afrika ondersoek.

Hy ontwikkel ook tans ’n vollengte film saam met sy kreatiewe vennoot, Beer Adriaanse.

Sy groot droom is om eendag die regie van internasionale produksies te behartig, in die hoop dat sy werk hom die wêreld vol kan laat reis.