Nou op DVD

Jacques Koudstaal

Kinematograaf

Nadat Jacques Koudstaal sy studies in Multimedia-Ontwerp voltooi het, het hy sy professionele loopbaan as interaktiewe ontwerper by die bekende ontwerpstudio Wireframe begin waar hy verskeie toonaangewende toekennings ontvang het.

Terwyl hy deur die interaktiewe aspekte van ontwerp die kuns van komposisie en storie-vertel geleer het, het Jacques geleidelik uitgebrei na gemengde media en kortf ilms.

Dit is hier waar hy sy passie vir film ontdek het en besluit het om sy droom te bewaarheid. Hy het by AFDA studeer en het sy Honneursgraad in ‘Motion Picture” verwerf – en is ook aangewys as Kinematograaf van die Jaar.

Jacques was een van 16 studente in die wêreld wat gekies is om by die Prestige University in Budapest in Hongarye sy meestersgraad te voltooi. Hierdie kursus is aangebied deur die bekroonde kinematograaf Vilmos Zsigmond, A.S.C., bekend vir sy werk op The Deer Hunter, Deliverance en Close Encounters of the Third Kind.

Tot op hede, het Jacques al verskeie advertensies vir McDonald’s, Opel, Weetbix en Red Bull voltooi; gewerk aan die televisiereeks Rugby Motors; en sy staal gewys in die vollengte films Vir Altyd, ’n Man Soos My Pa, Strikdas, Pad na jou Hart, Jimmy in Pienk en Die Ontwaking.

Filmkrediete

Vir Altyd / The Film Factory / Regisseur: Jaco Smit
’n Man Soos My Pa / Collective Dream Films / Regisseur: Sean Else
Strikdas / Faith In Motion Productions / Regisseur: Stefan Niewoudt
Die Ontwaking / Enigma Pictures / Regisseur: Johnny Breedt
Pad na jou Hart / The Film Factory / Regisseur: Jaco Smit
Jimmy in Pienk / Light and Dark Films / Regisseur: Hanneke Shutte