Nou op DVD

Johan Lombaard

Johan Lombaard is ’n gesiene 56-jarige dokter in die Paarl. Hy is ’n konserwatiewe, selfvoldane en trotse man – en in die oë van al die inwoners in die Paarl is hy ’n goeie man vir sy vrou en pa vir sy dogter.

Hy het ’n baie sagte plek vir Nina, sy krulkop-prinses, en op sy manier probeer hy haar nog altyd beskerm en gelukkig hou, maar dié geluk moet ook sy goedkeuring wegdra. Soos haar aanstaande, Retief, wat vir haar sal kan sorg en haar kan beskerm wanneer Johan nie daar is om dit self te doen nie.

Nina se verloofde is die eerste ding waaroor Johan en sy vrou in jare saamstem. Al lyk hulle op die oog af, en volgens almal in die Paarl gelukkig, kan hulle mekaar in die privaatheid van hul huis nie verdra nie.

Johan skroom nie om sy stem vir sy vrou te verhef om haar stil te maak nie, en voortdurende konflik is geensins vreemd in die Lombaard-huis nie.

Hulle het niks in gemeen nie en die enigste rede waarom hulle nog bymekaar is, is vir Nina se geluk, en natuurlik hul aansien in die gemeenskap en die kerk.

 

André Jacobs

André se eerste teaterrol was in Roy Sergeant se produksie Hamlet, waarin hy die spook van Hamlet se pa vertolk het.

Aan die einde van 1980 het hy sy eerste hoofrol in die televisiereeks Brood vir my Broer gespeel.

Teen die einde van 1990 het hy die eerste van twee televisiereekse gemaak, naamlik Die Binnekring.

Daarna tree hy met groot lof op in The Normal Heart en Assassins – sy eerste verskyning in ’n Mike van Graan-verhoogstuk.

Oor die afgelope 35 jaar het André in talle verhoogstukke, televisiereekse en in ongeveer 30 films verskyn, insuitend die Franse produksie oor Saartjie Baartman se verhaal, Venus Noire, wat in 2009 in Frankryk verfilm is.

Meer onlangse werk sluit die drama Vloeksteen in, en hy het die rol van Bram Fischer in Long Walk to Freedom gespeel.

Hy is binnekort te sien in Vir Altyd wat in Februarie 2016 vrygestel word.