Nou op DVD

Marietjie Botha

Marietjie is ’n interessante 44-jarige vrou wat lief is vir gesels en dans. Sy smag na passie in haar huwelik nadat sy en haar man, Ben, se kinders uit die huis uit is, want dit voel vir haar asof sy en Ben nie meer ’n woord vir mekaar te sê het nie en dat hy geen moeite met haar doen nie – sy sorgvrye houding irriteer haar.

Daarom voel Marietjie dat Dokter Lubbe se raad om mekaar se ‘liefdestaal’ aan te leer die beste idee is, behalwe dat Ben nooit luister nie.

Sy is opgewonde oor die uitdagings wat elke dag aan hulle gestel word en ’n tweede wittebrood is vir haar die ideale geleentheid om weer die liefdesvuur tussen hulle te laat vlamvat.

 

Illse Roos

lllse, wat in Drama aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer het, is al vir lank ’n bekende gesig in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidswêreld.

Dié Suid-Afrikaanse aktrise en sangeres is bekend vir haar rolle in Egoli, Adam (regie deur Franz Marx) en Amalia I en II (regie deur Katinka Heuns en Chris Barnard).

Haar filmkrediete sluit in Agter Elke Man en Die Prins van Pretoria; en haar verhoogstukke, musiekblyspele en kabarette sluit in Hallo SA (regie deur Casper de Vries), Slegs vir Almal (Hennie Aucamp), Brecht on Brecht (Swarruk), 3D (Antonia Constandius), Grease (deur SUKOVS), Brel – Alive and Well – and Living in Paris, Neem Kennis (Laurika Rauch) en Blou Kafee.

Illse speel tans die rol van Livia in 7de Laan.