Nou op DVD

Mary-Sue Morris

Haar-en-grimeerkunstenaar

Vanaf 'n jong ouderdom het Mary-Sue besef sy wou 'n grimeerkunstenaar word, en het hierdie droom verwesenlik deur as 'n sekretaresse by 'n produksiemaatksappy te werk, waar sy vinnig die PA, grimeerkunstenaar, kostumier en haarstilis geword het.

Tydens daardie tyd, het sy kursusse by Kryolan voltooi om te verseker dat haar tegnieke aan industrie-standaarde voldoen het. Oor die afgelope 13 jaar het sy grimering, hare, spesiale effekte en rekwisiete op verskeie televisiereekse, musiekvideos, vir modevertonings en tydskrifte gedoen.

Sommige van haar werk op rolprente sluit in Pad na jou Hart (rekwisiete), Ballade vir 'n Enkeling (grimering, hare en spesiale effekte grimering), Suurlemoen (rekwisiete), Land of Milk and Honey (grimering, hare en spesiale effekte grimering), Treurgrond (grimering, hare en spesiale effekte grimering), Spook van Uniondale (rekwisiete), Trouvoete (grimering en hare), Skorokoro (grimering en hare), en Vir Altyd (grimering en hare).