Nou op DVD

Michelle

Michelle is Nina se vriendin en oorentoesiasties as bruidsmeisie vir die troue. Sy leef haar heeltemal in al die gebeure aangaande die troue in en is ooglopend ook opsoek na die geluk wat Nina gevind het.

Sy is baie lojaal teenoor Nina en gun haar vriendin die mooiste dag; sy reël selfs dat die plaaslike koerant, Paarl Post, die geleentheid afneem en sal seker maak dat die berig en foto gepubliseer word.

Laré Birk

Laré Birk het haar BA Honneursgraad aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom verkry en het daarna begin met haar Meestersgraad in Filmteorie en het klas gegee by AFDA se Televisiedepartement.

In 2011 het Laré deelgeneem aan die World Championships of the Performing Arts in Los Angeles en het as tegniese operateur gewerk aan So You Think You Can Dance, Villa Rosa en SA's Got Talent.

Haar eerste filmrol was in Musiek vir die Agtergrond in 2013, waanra sy een van die hoofrolle in Schuks! Your Country Needs You vertolk het.

Op televisie het sy al verskyn in Sterlopers en Pandjieswinkel Stories; en na 2014 het sy rolle vertolk in die films Suurlemoen, Ballade vir ’n Enkeling, n Paw-Paw vir my Darling, Vanuit die Vog en Dis Ek, Anna.

Haar mees onlangse projekte is as een van die poetsbakker op Emo Adams se Jou Show met Emo.

Sy het ’n rol vertolk in die kortfilm Sweisbril by die 2015 kykNET Silwerskermfees, en haar eie produksie, Dearest Elle is ook daar vertoon.