Nou op DVD

Oorsig

As vervaardigers, skrywers en akteurs van die suksesvolle film, Pad na jou Hart,  het Ivan Botha en Donnalee Roberts weer kragte saamgespan en is hul nuwe Afrikaanse romantiese avontuurfilm Vir Altyd binnekort op die silwerdoek te sien.

Vir Altyd is nie ’n opvolg van Pad na jou Hart nie, maar ’n vingerafdruk van die kwaliteit waarmee die voorloper aangepak is, en dit is duidelik te sien in die nuwe film.

Danie Bester (medevervaardiger), Jaco Smit (regisseur) en Jacques Koudstaal (kinematograaf) is ook weer deel van die span. 

Vir Altyd is gedurende Mei en Junie 2015 in die Paarl in die Wes-Kaap en in Mauritius verfilm.

Die rolprent begin in een van Suid-Afrika se mees geliefde en mooiste dorpe, die Paarl, wat spog met Paarl Rots, bewaar deur die Drakenstein-munisipaliteit; Picardie Gastehuis met sy bekende dam en prag-uitsigte; die geskiedkundige Nederduits Gereformeerde Toringkerk; die besondere Rhebokskloof-wynlandgoed; die Afrikaanse Taalmonument; en ook die trots Afrikaanse Volksmond Koffiewinkel.

Die film neem die kykers op ’n verdere avontuur soos ’n vliegtuig van Air Mauritius op die eiland van liefde land. Die filmspan het vir drie weke Mauritius verken saam met ons trotse vennoot, die Mauritius Tourism Promotion Authority (MTPA) gedurende die verfilming van Vir Altyd

Kykers sal bestemmings soos The 23-Coloured Earth, Ile aux Aigrettes, die Belle Mare-ruïnes, die mark in Flacq en ander pragtige plekke op die eiland ontdek.

Die film speel grootliks af by World Leisure Holidays en Sun Resorts se luukse vyfster Long Beach Golf and Spa Resort in Mauritius.

Die simboliese styl waarmee Ivan Botha en Donnalee se projekte gekenmerk word, is duidelik te sien in Vir Altyd. Hierdie twee skrywers, vervaardigers en akteurs hoop om ’n spieël deur middel van die film op te hou. Hul het karakters geskryf waarmee kykers sal kan vereenselwig en waarin hul heel moontlik hulself en die verhoudings waarin hulle hul bevind, kan raak sien. Vir Altyd  bestaan uit tema’s van sterk verhoudings en weerspieël deur middel van die verskillende paartjies al die seisoene van die liefde. Dit sal dus tot elke mens spreek – manlik en vroulik; oud en jonk.

Vir Altyd word op 12 Februarie 2016 landswyd deur Ster-Kinekor, Nu Metro en onafhanklike teaters uitgereik. 

Vir Altyd sal ook verwerk word as ’n roman en word in November 2015 uitgegee deur NB Uitgewers.

Hierdie film is moontlik gemaak deur ons wonderlike vennote. Sien asseblief die volledige lys van vennote op bladsy...