Nou op DVD

Retief

Retief is 31 jaar oud en, net soos sy pa, ’n prokureur. Hy is besig om sy eie praktyk in Johannesburg te stig, want dit is deel van sy 10-jaar plan.

Hy is die toonbeeld van ’n prince charming met sy duur smaak en netjiese voorkoms.

Soos dit ook van ’n suksesvolle jong man verwag word, is Retief se volgende stap om te trou. Hy wil met Nina in die huwelik tree, want sy is so na aan perfek soos kan kom, ’n trofee vir hom.

Retief wéét ook dat Nina nie sal afskeep met dié groot dag nie, maar voor die kansel raak alles ’n yslike werklikheid vir hom ...

 

Stiaan Smith

Stiaan Smith is ’n akteur en skrywer vir film- en verhoogproduksies. Na sy opleiding by AFDA in Johannesburg het hy sy BCom-graad in Finansies aan die Universiteit van Johannesburg voltooi.

Sy loopbaan het op ’n hoogtepunt afgeskop met sy verhoogstuk Couchmate, toe hy as beste regisseur, beste skrywer en beste akteur aangewys is by die Gauteng Verhoogstukfees.

In 2007 het Stiaan saam met Barry Berk as skrywer gewerk aan die bekroonde dramareeks The Lab.

Meer onlangs het Stiaan in die spanningsdrama Sleeper’s Wake verskyn, wat in 2011 gedraai het. Met sewe Safta-nominasies was Sleeper’s Wake die enigste Suid-Afrikaanse rolprent wat uitgenooi is om by die Toronto Internasionale Filmfees vertoon te word.

Stiaan het die hoofrol in die kortfilm Preperation vertolk, wat verskeie toekennings gewen het, insluitend die Gehoortoekenning en die Jury Prize by die Schnit Internasionale Kortfilmfees. Oscar-bekroonde regisseur Gavin Hood het Stiaan se vertolking as Kingsley Bell as “ongelooflike spel” bestempel en die London Film Review het vyf sterre aan die film toegeken.

In 2014 speel Stiaan saam met Bennie Fourie en Bouwer Bosch in die kortfilm Vuil Wasgoed wat as Beste Kortfilm aangewys is by die kykNET Silwerskermfees.

Stiaan is tans besig as medeskrywer aan die Afrikaanse komedie-televisiereeks Hotel en skryf ook nou sy eerste draaiboek, Ek’s in ’n Band.