Nou op DVD

Sylvan

Sylvan is ’n oorentoesiastiese Mauritian toergids in sy laat dertigs. Hy het ’n geweldige passie vir sy land en sy werk.

Die toeriste en hulle almal se stories, tesame met sy romantiese uitkyk op die lewe, maak elke dag vir hom die moeite werd.

Hy trek so kleurvol en outentiek aan soos hy voel, hy sing en dans graag en sorg altyd dat daar ’n vrolike atmosfeer is tydens elkie geselsie en geleentheid.

Stilweg is hy self opsoek na sy sielsgenoot.

 

Sans Moonsamy

Sans Moonsamy is ’n televisie- en filmpersoonlikheid wat in groot Suid-Afrikaanse lokettreffers soos Blitz Patrollie, Bakgat 3 en Vehicle 19 gespeel het.

Hy was die gesig van OLX, DStv, Chicken Licken, Standard Bank en het ook opgetree in ’n verskeidenheid ander Suid-Afrikaanse advertensies.

Hy het die volgende projekte vervaardig en ook daarin opgetree: Those Indian Guys, Curry on Laughing, Keeping up with the Koopasamys en The Love Guru, onder meer.

Sans is ook die vervaardiger van die film Genias wat in 2016 vrygestel word. Tans is hy ook die vervaardiger van die film Zulu Girl en die televisiereekse L-Cubed en #JustEatMe.

Hy het die hoofrol vertolk in die film Land of Milk and Money en is binnekort te sien in Vir Altyd wat in Februarie 2016 landswyd uitgereik word.