Nou op DVD

Waldemar Coetsee

Produksieontwerper

Waldemar Coetsee het 11 jaar gelede, tydens sy studies aan AFDA in Johannesburg sy loopbaan in die filmbedryf begin deur te assisteer op elke studentefilm waarop hy kon. Met sy pa se Land Rover en vele slapelose nagte, het hy soveel ervaring as moontlik opgebou.

Ná sy studies het Waldemar gevorder tot stel-inkleder op internasionale en plaaslike projekte soos White Light, Tornado en onder meer die suksesvolle tienerkomedie Bakgat! 1 wat deur The Film Factory vervaardig is. Waldemar het sy eerste geleentheid as HOD gekry met die M-Net televisiereeks Innocent Times en het daarna nie weer teruggekyk het.

Sedertien het Waldemar al produksie-ontwerp vir 21 vollengte films en vier televisiereekse behartig, en het hy waardevolle ervaring as kunsregisseur in tientalle advertensies, reekse en films (onder andere District 9) en as spesiale effekte tegnikus opgedoen. Waldemar is gemaklik in enige omgewing (byvoorbeeld as kunsregisseur in Ethiopië vir die multinasionale produksie Mandela’s Gun), is ’n probleem-oplosser en het ’n aanvoeling vir mense.

Met sy twee Safta-nominasies vir Roepman en Room 9 en sy Safta-toekenning vir Faan se Trein, is dit duidelik dat Waldemar ’n definitiewe oog het vir detail, kleur, vorm en balans, met ’n passie vir periodestukke. Hy kan egter ook hierdie estetiese elemente kombineer met praktiese kennis en ervaring.

Wanneer Waldermar ’n projek aanpak, is die verantwoordelikheid wat hy het om stories visueel uitbeeld, om die regisseur se belange te verteenwoordig en die begroting in ag te neem, vir hom van kardinale belang. Binne hierdie raamwerk en agtergrond, het Waldemar ’n unieke ‘vinger-afdruk’ wat duidelik te sien is in sy passie en uiteindelik in die eindproduk van elke projek waarby hy betrokke is.